George VI van die Verenigde Koninkryk

George VI
Koning van die Verenigde Koninkryk en die Britse Dominiums; Keiser van Indië
Koning George VI, omtrent 1940–1946.
Koning George VI, omtrent 1940–1946.
Vorstehuis Windsor
Titels SM die Koning
SKH die Hertog van York
SKH prins Albert
SKH prins Albert van Wallis
SKH prins Albert van Cornwallis en York
SKH prins Albert van York
Regeer 11 Desember 19366 Februarie 1952
Keiser van Indië: 1936–1947
Koning van Ierland: 1936–1949
Kroning 12 Mei 1937
Voorganger Edward VIII
Opvolger Elizabeth II
Volle naam Albert Frederick Arthur George
Gebore 14 Desember 1895; Sandringham House, Norfolk
Oorlede 6 Februarie 1952; Sandringham House, Norfolk
Begrawe 15 Februarie 1952; St. George-kapel, Windsor
Eggenote Elizabeth Bowes-Lyon
Kinders Elizabeth II
Prinses Margaret, Gravin van Snowdon
Vader George V
Moeder Mary van Teck

George VI (Albert Frederick Arthur George; 14 Desember 1895 – 6 Februarie 1952) was van 11 Desember 1936 tot met sy dood koning van die Verenigde Koninkryk en die Britse Dominiums. Hy was die laaste keiser van Indië (tot 1947) en die laaste koning van Ierland (tot 1949). Hy was ook die eerste hoof van die Statebond.

As die tweede seun van koning George V is nie verwag dat hy koning sou word nie. Hy het tydens die Eerste Wêreldoorlog in die Britse Vloot gedien en daarna die gewone openbare verpligtinge nagekom. Hy is in 1923 met lady Elizabeth Bowes-Lyon getroud en die egpaar het twee dogters gehad: Elizabeth II, die latere koningin, en prinses Margaret.

Met die dood van sy pa in 1936 het sy broer die troon bestyg as Edward VIII. Minder as ’n jaar later het Edward egter geabdikeer om met die geskeide Amerikaanse sosiale vlinder Wallis Simpson te trou. George het toe die troon bestyg as die derde monarg van die Huis van Windsor.

Binne 24 uur ná sy troonbestyging het die Ierse parlement ’n wet deurgevoer wat die monarg wesenlik van mag ontneem het in Ierland. Drie jaar later was die hele Britse Ryk behalwe Ierland betrokke in die Tweede Wêreldoorlog teen Nazi-Duitsland. ’n Groot gevolg van die oorlog was die agteruitgang van die Britse Ryk, met die VSA en die Sowjetunie wat supermoondhede geword het. Met die onafhanklikwording van Indië en Pakistan in 1947 en die uitroep van die Republiek van Ierland in 1949, het die Britse Ryk verbrokkel en toe oorgegaan in die Statebond.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search